top of page

Hauman Bruilofsfees

Ons is baie opgewonde om jul te nooi na die huweliksbevestiging van:​

Annelize Lippert

Dogter van Michael en Helmien Lippert

&

Jacobus Eduard Hauman

Seun van Louis en Dorette Hauman

DSCF2835_edited.jpg

'n Lang kortetjie

Ons liefdes-reis het reeds jare gelede begin. Seisoene het die pad verdeel en die wind het ons weer terug gewaai.

Terwyl ons op die voorpunt van hierdie nuwe avontuur staan, nooi ons julle uit om saam met ons die Here te dank vir Sy voorsiening en goedheid.

​Twee lewens en twee harte word een.

output-onlinepngtools (1).png
DSCF2934.jpg

“Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.” ~C.J. Langenhoven

DSCF2732_edited.jpg

"Intense liefde meet nie, dit gee net." ~Moeder Teresa

output-onlinepngtools (1).png

Aan ons naastes en dierbares, kom vier asseblief fees saam met ons by 'n pragtige bosveld venue.

(kliek op die prentjie hierbo om na die venue se webblad te gaan)

365d

24h

60m

60s

Die fees gebeur gedeeltelik in die buitelug, met 'n entjie se stap, so dames, ruil liefs julle skerp hakke vir 'n gemaklike dansskoen. Deftige, tog gemaklike klere, wat geskik is vir 'n bosveldfees, word aanbeveel.

Tot die troudatum van

10 Mei 2025 15:00

Ons wil graag die seremonie om 15:00 begin. Daar is 'n 5 min stappie van die parkeerplek tot waar die seremonie plaasvind. Reken dit asseblief in by jou beplanning.

Bevestig asseblief jou bywoning teen

31 Maart 2025

Metgeselle en kinders word slegs verwelkom wanneer dit so vermeld is op jou uitnodiging.

Jou teenwoordigheid is reeds ons grootste geskenk. Indien dit wel op jou hart druk om iets te gee, sal 'n geskenkbewys of kontant baie prakties aangewend kan word.

bottom of page